GRN moet keer vir swartlys…

Die nuus dat die globale Finansiële Aksie Taakmag Namibië op die gryslys geplaas het, maak nog steeds opslae. Suid-Afrika is ook op die gryslys, wat beteken ‘n land word fyn gemonitor om te sien dat hy tekortkominge regstel in sy vermoë om geldwassery, die finansiering van terrorisme en verspreidings-finansiering te bekamp. Dit kan ook ‘n potensiële negatiewe impak hê op rentekoerse, buitelandse investering, handel en finansiële transaksies. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool gepraat, wat sê die owerhede moet alles in hulle vermoë doen om te verhoed dat die land op die swartlys geplaas word.