Vaardigheid van onderwysers bron van kommer in SA

Die Suid-Afrikaanse basiese onderwys departement sê die land word nie beduidend geraak deur onderwysertekorte nie. Daar is egter steeds uitdagings wat betref onderwyservaardigheid en behoorlike plasing. Die Globale Verslag oor Onderwystekorte word dié week in Sandton, Johannesburg, vrygestel. Enoch Rabotapi van die departement sê die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie beklemtoon 44 miljoen nuwe onderwysers is nodig om die volhoubare ontwikkelingsteiken te bereik van primêre en sekondêre onderwys vir almal teen 2030.