Nog 11 gesondheidsfasiliteite in Oekraïne geteiken

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê daar is nog elf bevestigde aanvalle op gesondheidsorg-fasiliteite in die Oekraïne. Dit bring die getal aanvalle sedert die Russiese inval in Oekraïne op 186 te staan. Die organisasie sê tot dusver vanjaar was daar altesaam 292 aanvalle op gesondheidsorg in 12 lande en streke, insluitend 57 in die besette Palestynse gebied en 18 in Soedan. Die direkteur-generaal van die organisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê aanvalle op gesondheidsorg is ‘n skending van internasionale humanitêre reg.