Nobelpryswenner vra beskerming vir Afghaanse vroue en meisies

Die Nobelpryswenner Malala Yousafzai het ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om Afganistan se vroue en meisies te beskerm. Sy het aan internasionale media gesê die land se burgers kan nie toesien dat dit dekades en eeue teruggeplaas word nie. Yousafzai het veral gevra vir onomwonde standpunte oor die beskerming van minderheidsgroepe, en vir vrede en bestendigheid in die streek. Haar onderhoud het gevolg op ‘n twiet waarin sy gesê het sy is erg bekommerd terwyl sy geskok moes toekyk hoe die Taliban beheer oorneem van Afganistan.