Busongeluk tussen Oos-Londen en Butterworth eis 28

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, sê hy is hartseer oor die DMJ-busongeluk tussen Oos-Londen en Butterworth in die Oos-Kaap, wat die lewens van 28 mense geëis het. ‘n Woordvoerder, Lawrene Venkile, sê ‘n babaseuntjie het ook tydens die botsing gesterf. Hy sê minstens 24 mense is beseer, maar het besluit om nie in die hospitaal opgeneem te word nie. Venkile sê die minister dring aan dat meer aandag aan padveiligheid gegee word.