Tesla word ondersoek na 11 botsings

Die Nasionale Administrasie vir Veilige Hoofweg-vervoer in Amerika stel ondersoek in na minstens 11 voorvalle waar Tesla-voertuie wat hulleself bestuur teen noodvoertuie gebots het by tonele van ongelukke wat vroeër plaasgevind het. Tydens hierdie voorvalle is een persoon dood en 17 beseer. Die botsings het meestal snags gebeur ten spyte van fakkels, padkeëls en verligte pyltekens op die toneel. Tesla, wat deur die Suid-Afrikaans-gebore Elon Musk besit word, se aandeelprys het met sowat vyf-persent gedaal nadat die nuus oor die ondersoek bekend geword het.