Nieu-Seeland wil dampies uitdoof

Nieu-Seeland is van plan om die verkoop van tabak aan die volgende geslag te verban in ‘n poging om rook uiteindelik uit te faseer. Diegene wat na 2008 gebore is, sal nie sigarette of tabakprodukte in hulle leeftyd kan aankoop nie, ingevolge ‘n nuwe wet wat na verwagting volgende jaar gepromulgeer sal word. Volgens Nieu-Seeland se minister van gesondheid, Ayesha Verall, wil hulle seker maak jong mense begin nooit rook nie. Dokters en ander gesondheidskundiges in dié land het die hervormings verwelkom, wat toegang tot tabak sal verminder en nikotienvlakke in sigarette sal beperk.