Eg Namibiese #LANDoftheBRAVEfilm nou op Showmax te sien

MultiChoice Namibia is opgewonde om die eg Namibiese misdaadriller-rolprent, #LANDoftheBRAVEfilm op hul Showmax stromingsplatform te vertoon. Die opwindende rolprent speel af in ‘n droë, koue winter in Namibië waar ‘n polisievrou warm op die spoor van ‘n kil moordenaar is. Die bekroonde Namibiese akteur Armas Shivute Armas, speel die rol van die polisievrou se kollega. MultiChoice Namibia se besturende direkteur Robert Gertze nooi Namibiërs uit om die rolprent te kyk en sodoende plaaslike kunstenaars te ondersteun.