Adjunkgoewerneur van BoN: Geen salarisverhogings vir staatsamptenare

Namibië se ekonomie kan nie salarisverhogings vir staatsamptenare bekostig nie. Dit was die boodskap van die adjunk-goewerneur van die Bank van Namibië, Benson Uanghuta. Hy sê nie die Namibiese regering òf die ekonomie kan in hierdie stadium ‘n verhoging bekostig nie. Staatsamptenare het al die afgelope ses jaar nie ‘n verhoging ontvang nie. Uanghuta sê met die huidige stand van die ekonomie, is dit beter vir die regering om mense in diens te hou en die huidige loonrekening te handhaaf.