Nghipondoka beïndruk met landwye onderwyskonsultasies

Die Namibiese onderwysminister Anna Nghipondoka is beïndruk met die landwye nasionale konsultasies oor die toekoms van onderwys in Namibië. Nghipondoka het Dinsdag gepraat by die Konsolidasie van die Nasionale Konsultasies vir die Transformerende Onderwysberaad en die Namibiese Nasionale Onderwys-konferensie in Swakopmund. Volgens Nghipondoka was die konsultasies wat verlede week in die Oshana-streek geëindig het, produktief, prikkelend, opwindend en motiverend. Gemeenskappe het ‘n diep en duidelike gevoel van eienaarskap getoon en hulle weet wat hulle wil hê in terme van hoe die onderwys-landskap moet lyk, sê Nghipondoka. Die konferensie vind vanaf 2 tot 5 Augustus plaas.