Bevinding dat sigaretverbod in SA ongrondwetlik was, verwelkom

Die Suid-Afrikaanse landbou-inisiatief, Saai, sê tabakboere is verheug oor die bevinding oor die sigaretverbod. Die Appèlhof het ‘n bevel van die Wes-Kaapse Hooggeregshof gehandhaaf dat die regering se verbod op die verkope van sigarette aan die begin van die inperking in Maart 2020 ongrondwetlik was. Saai se uitvoerende hoof, Francois Rossouw, sê niemand in die wettige takbakbedryf het getwyfel die verbod op tabakprodukte was ongrondwetlik en belaglik nie: