Een renosterkarkas het dan ‘n enkelband aan?

Foto’s van die 11 renosterkarkasse wat Dinsdag deur die ministerie van omgewingsake in die noordwestelike deel van Etosha as gestroop bevestig is, toon dat een van die diere ‘n enkelband aangehad het dus, was die dier gemonitor. Dit het vrae laat ontstaan oor wie betrokke is by stropery sowel as of die betrokke amptenare wat die diere moet monitor ooit hul werk doen. Volgens die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda sal die nasionale  wildlewebeskerming-forum, wat vandag en môre in die hoofstad plaasvind, die kwessie aanspreek. Van die sessies sal gesluit wees vir die media omdat intelligensie en wetstoepassers besprekings sal hou.