Net minder as 50% van skole het befondsing ontvang

Die Namibiese onderwysministerie het bevestig dat nie alle skole hul fondse ontvang het nie en dat skole nog op die betaalstelsel gelaai word. Die bevestiging kom na ‘n lid van die publiek gekla het oor skoolfonds wat betaal moet word omdat die nodige befondsing van die staat nie ontvang is nie. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp, sê die stelsel is gesentraliseer en dit is die oorsaak van die vertraging.

Sy voeg by dat net minder as 50 persent van die land se skole het fondse ontvang maar, dat betaling hopelik teen die einde van die maand voltooi sal wees.