‘Tronkbewaarders word maklik gemanipuleer’

Korrektiewe Dienste se adjunk-kommissaris-generaal Sam Shaalulange van die sentrale personeel direktoraat het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor korrupte bewaarders. Dit kom na die diens se hoof, kommissaris-generaal Raphael Hamunyela gesê die eerbaarheid van sy bewaarders is ‘n bron van groot kommer, veral by die Windhoek fasiliteit. Tien beamptes is reeds vanjaar afgedank vir verskeie oortredings wat die bystand van gevangenes, sowel as romantiese verhoudings met hulle, insluit. Daar word beweer dat sommige selfs in besigheid met van die gevangenes tree. Shaalulange sê bewaarders moet deurentyd opgelei en gewaarsku word.