Mei se voertuigverkope vertoon maar power

Die jongste voertuigverkope vir Mei in bekend. Volgens Cirrus in die hoofstad is 767 nuwe voertuie gedurende die maand verkoop, wat ‘n afname van 3,3 persent op ‘n jaargrondslag verteenwoordig. Vergeleke met April vanjaar, is daar ‘n afname van 15,2 persent. Volgens Cirrus het syfers vir beide passasiersvoertuie sowel as kommersiële voertuie gedaal. Verkope het baie beter tussen Februarie en April vanjaar getoon.