Net minder as 20 000 dosisse Pfizer beskikbaar

Namibië het ontvangs geneem van ‘n Amerikaanse skenking van 19 890 dosisse Pfizer-entstowwe. Dit sal persone wat ‘n tweede dosis afgewag het, sowel as die wat ‘n versterkdosis wil neem in staat stel om so te doen. Die laaste Pfizer inentings het einde Januarie verval. Die gesondheidsministerie sê die skenking is reeds versend na inentingsentrums regoor die land. Intussen het gevalle van Covid skerp plaaslik gedaal met 14 nuwe gevalle uit 1 245 toetsuitslae wat 1,1 persent positiewe koers verteenwoordig. Daar is 27 pasiënte in die hospitaal met twee in hoësorg.