Mutorwa vaar uit teen regeringswerkswinkels

Die Namibiese minister van werke John Mutorwa het uitgevaar teen die personeel en bestuur van regeringswerkswinkels regoor die land. Hy sê die werkswinkels is vuil en chaoties en talle voertuie kan nie benut word nie omdat geringe instandhoudingswerk nie gedoen word nie. Hy sê iets verskrikliks het verkeerd gegaan. Hy sê daar is 378 motors wat wag by Ondangwa met 83 op Rundu. Hy het ook skerp kritiek uitgespreek oor ‘n tekort aan onderdele en sê personeel moet seker maak dat daar voorraad is. Die woordvoerder van die ministerie Julius Ngweda het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat geslote kring televisie onlangs by verskeie werkswinkels geïnstalleer is as gevolg van voortslepende diefstal.