VSA oorweeg wetgewing vir verbod op Russiese olie

Die speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Nancy Pelosi, sê hulle oorweeg wetgewing om die invoer van Russiese olie en energie na Amerika te verbied. Dit volg nadat amptenare van die Oekraïnse verdedigingsmag gewaarsku het Rusland beplan ‘n volskaalse aanval op die hoofstad Kiëf. Pelosi sê die wetgewing sal ook alle normale handelsbande met Rusland en Belarus herroep en die eerste stap wees om Rusland toegang tot die Wêreldhandelsorganisasie te verbied: