Namibiërs met gestremdhede voorspoed toegewens

Soos die jaar 2021 sy einde nader om sy gordyn te laat sak, wens Namibiërs goeie gesondheid aan mekaar in hierdie moeilike tye toe. Daniel Trum, die nasionale voorsitter van die Federasie vir mense met gestremdhede, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Namibiërs en veral mense met gestremdhede moet nooi na hulself kyk en beter vir 2022 beplan. Hy waarsku teen die vierde Covid-vlaag wat op pad is.