Net 38% van Namibiërs wat werk, vervaardig iets

Die Internasionale Arbeidsorganisasie sê dat 22 persent van Namibiese arbeid is in die landbousektor terwyl 16 persent in vervaardiging werk. Dit wil sê dat 38 persent van alle Namibiërs wat werk, vervaardig niks en word as verbruikers geklassifiseer. En net meer as 20 persent van Namibiërs is werkloos waarvan meer as 43 persent jongmense is. In Suid-Afrika is die syfers effe meer duister met net 5 persent van alle arbeid wat in die landbousektor plaasvind en 22 persent in vervaardiging. Dit wil sê net 27 persent van die werksmag vervaardig iets in die buurland en die res word as verbruikers geklassifiseer. Net meer as 28 persent van alle Suid-Afrikaners is werkloos waarvan amper 56 persent jongmense is. Kenners meen die lae produksiesyfers plaas druk op voorsiening en dus, pryse.