Van suiker tot ‘avgas’

‘n Studie het bevind die produksie van volhoubare stralerbrandstof uit etanol wat uit suikerriet onttrek is, is ‘n lewensvatbare, groot sakegeleentheid vir die Suid-Afrikaanse suikerriet-bedryf. Die studie is gesamentlik onderneem deur die Suid-Afrikaanse Suikerriet-kwekersvereniging en die Rondetafel op Volhoubare Biomateriale. Dit het bevind as 50 persent van die jaarlikse produksie van suikerriet gebruik word, kan 433 miljoen liter stralerbrandstof vervaardig word in alkohol-na-stralerbrandstof-raffinaderye. Die suikerbedryf het ‘n taakspan aangestel om die aanbevelings in die verslag te ontwikkel.