Een vrou, een hektaar

Suid-Afrikaanse vroue van landelike gebiede vergader vandeesweek in Franschhoek in die Wes-Kaap oor die aanwending van die Verenigde Nasies se Verklaring oor die Regte van Kleinboere as instrument vir die ontwikkeling van ‘n inklusiewe grondbeleid. ‘n Woordvoerder, Bettie Fortuin, sê die vergadering sal ook ‘n aksieplan vir ‘n belangrike veldtog oor grond opstel. Sy beklemtoon dat die vergadering daarop aandring dat landelike vroue se stemme gehoor moet word oor hul spesifieke grondkwessies: