Anthony Fauci: Omikron minder gevaarlik as Delta

Amerika se voorste kenner van aansteeklike siektes, Anthony Fauci, sê alhoewel die Covid-19 Omikron-variant vinnig versprei, is daar vroeë aanduidings dat dit minder gevaarlik is as die Delta-variant. Gevalle van die Omikron-variant is tot dusver in sowat 40 lande aangeteken. Gesondheidsbeamptes sê hierdie variant het na ongeveer een derde van Amerika se state versprei, maar meer as 99 persent gevalle is die Delta-variant. Fauci het gesê wetenskaplikes het meer inligting nodig voordat hulle gevolgtrekkings maak oor Omikron se intensiteit.