Ndlovu-jeugkoor ‘n top-deelnemer van America’s Got Talent

Die bekende Ndlovu-jeugkoor van die buurland is aangewys as een van die top-60 deelnemers van alle tye om deel te neem aan die America’s Got Talent: All Stars-werklikheidsreeks. In die jongste aflewering van die kompetisie verskyn wenners, finaliste, bewonderaars se gunstelinge en groot sensasies uit vorige seisoene. Die koor uit Limpopo het in 2019 die eindronde van America’s Got Talent se 14de seisoen gehaal. Die Ndlovu-jeugkoor sê hulle sien daarna uit om die verhoog te deel met talentvolle kunstenaars van reg oor die wêreld.