Onkoshi Camp trek duur nuwe baadjie aan

Onkoshi Camp, een van Namibia Wildlife Resorts se beste en mees unieke Etosha-oorde het ‘n multi-miljoen Namibiese dollar-opknapping gekry, wat na verwagting in Februarie voltooi sal wees. NWR doen groot opknappings by sy oorde landwyd, insluitend Onkoshi Camp, wat op die rand van die Etosha-pan geleë is. NWR het 16 miljoen dollar vir opknappings begroot waarvan Onkoshi die grootste deel van 10 miljoen gekry het. Nuwe baadjies word ook vir die oorde van Waterberg, Okaukuejo en Sossus Dune aangetrek. Onkoshi het sy deure in 2008 vir die publiek oopgemaak en is ‘n lae-impak, omgewingsvriendelike oord. Kosmos 94.1 Nuus het aan NWR se kommunikasiebestuurder, Nelson Ashipala, gevra waarom die opknappings so duur is. Hy het sy antwoord só verwoord: