Ndeitunga sê daar is ‘n tyd vir alles

Luitenant-Generaal Sebastian Ndeitunga sal na 17 jaar as hoof van die Namibiese polisie in Augustus vanjaar aftree. Ndeitunga was altyd toeganklik vir die media en het nooit doekies omgedraai met die waarheid nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy ampstermyn.