Towersampioene is goed vir terminale kankerpasiënte

Towersampioene is weer in die nuus. Die Emerge Law Group in Portland, Oregon, dagvaar die Amerikaanse Voedsel- en Dwelmagentskap vir toestemming dat hulle kliënt, ‘n mediese dokter, sy terminale kankerpasiënte daarmee kan behandel. Daar word berig dat die bestanddeel, psilosibien angs en depressie by die pasiënte kan verminder en dat dit ook goed is vir oorlogsveterane met stresversteurings sowel as persone wat lei aan verslawing. Kathryn Tucker van die regsfirma sê sy hoop die hof gee toestemming.