JSE se indeks vertoon goed, aangedryf deur goud

Die JSE se indeks van alle aandele was verlede week effens hoër en het verhandel naby 75 800 punte, die hoogste sedert einde Desember 2023, wat sy wêreldwye eweknieë volg. Trading Economics sê ‘n stewige styging in hulpbrongekoppelde aandele van 5,2 persent het meer as vergoed vir verliese in finansiële aandele. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Roelof Botha, van die Optimum-groep in Suid-Afrika…