NCCI – kragonderbreking nie ons skenking nie

Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid sê die kragonderbreking by die Sentraalhospitaal in die hoofstad was nie as gevolg van sy suurstofskenking aan die regering nie. Charity Mwiya, die kamer se hoof uitvoerende beampte sê hulle skenking is aan die Katutura-hospitaal in die hoofstad gemaak. Mwiya het gereageer op die burgemeester van Windhoek Job Amupanda se kritiek teenoor die tenderproses wat in sy mening aan ‘n privaatkontrakteur gegee is en swak werk by die Sentraalhospitaal veroorsaak het. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.