Verpleërs moet meer as 40 ure te kan eis

Die Namibiese Verpleërsvakbond het ‘n beroep op die gesondheidsministerie gedoen om verpleërs toe te laat om meer as die maksimum 40 ure oortyd maandeliks te kan eis. Die sekretaris-generaal van die vakbond, Junias Shilunga sê verpleegpersoneel werk lang ure as gevolg van die derde vlaag van infeksies en daadwerklike tekorte aan personeel. Shilunga het die ministerie gevra om binne 14 dae op sy versoek te reageer.