NBC oorweeg ook moontlike huishoudelike heffing

Die direkteur-generaal van die nasionale uitsaaier die NBC, Stanley Similo, sê hulle oorweeg ook moontlik dat ‘n huishoudelike heffing eerder as ‘n TV-lisensie vir betaling benut word. Dit volg nadat die SABC in die buurland voorgestel het dat die heffing wat fooie betaalbaar maak op die moontlikheid dat jy die diens kan ontvang en nie dat jy die diens gebruik of ‘n TV besit nie, ingestel moet word. Similo sê daar is binnekort ‘n vergadering in die verband.