Reaksie op uitstekende Walvis-bouplanne

Walvisbaai se goedgekeurde bouplanne wat in Julie vanjaar goedgekeur is, toon nie net ‘n 17,3 persent groei teenoor Junie se syfers nie, maar ook 77,1 persent teenoor Julie verlede jaar. Die goedgekeurde planne verteenwoordig ook 37,9 persent van al die planne regoor die land. Die plaaslike ekonoom Jason Kasuto en die besturende direkteur van Monasa Advisory and Associates het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus so verwoord.