Pa oorweeg om terug na SA te verhuis na Nieu-Seeland-tragedie

Die ma van Pretoria wat aangekla is van die moord op haar drie dogters nadat die gesin na Nieu-Seeland emigreer het, moet op 5 Oktober weer in die hof verskyn. Hulle pa Graham Dickason is verpletter oor die afsterwe van die twee-jarige tweeling, Maya en Karla en hul ses-jarige suster, Liane. Na wat berig word, oorweeg die ortopediese chirurg dit om na Suid-Afrika terug te keer. Intussen het Nieu-Seeland ‘n uitsondering gemaak ten opsigte van sy streng Covid-19-regulasies en ‘n familielid van Suid-Afrika toegelaat om die hartseer pa te besoek.