Nawa staan donkies op Groot Aub by

Die Namibië Dierewelsynsorganisasie, Nawa, het ‘n inisiatief Projek Donkie, van stapel gestuur. Die projek wil die lewenstoestande van donkies verbeter. Die Nawa-perdespan het die projek afgeskop met ‘n reis na Bela Bela in Suid-Afrika en het gehelp met merries van Zimbabwe en Suid-Afrika, en met nuwe idees en inligting teruggekom. In Namibië werk hulle in die Groot Aub-gebied en die projek sal na ander dele in die land uitbrei. Yvonne le Roux, projekleier en adjunkvoorsitter, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê meer as ‘n 1 000 diere is al gehelp, maar hul het nog fondse nodig.