Navorser reageer op kritiek van kantoor van regbank

Eben de Klerk, ‘n navorser van die Ekonomiese Beleidsnavorsing-vereniging, het gereageer op die Namibiese kantoor van die regbank wat kritiek uitgespreek het teenoor hom, asook die sogenaamde onregverdige aanval op die regbank na ‘n peiling oor vertroue daarin uitgevoer is. Die uitvoerende direkteur van die regbank Benhardt Kukuri kritiseer De Klerk wat die studie uitgevoer het, en sê terwyl hy ‘n regskwalifikasie het, praktiseer hy nie en behoort hy beter te weet. De Klerk gee sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus.