Saara en Duitse parlementslid vergader môreoggend oor volksmoord

Sevim Dagdelen, die lid van die Duitse parlement, die Bundestag en daardie land se Linkse Party, gaan môre in Windhoek samesprekings met die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila oor die Duitse volksmoord voer. Die samesprekings vind môreoggend om halftien by die eerste minister se kantoor plaas. Dagdelen is ‘n groot voorstander van reparasies vir die 1904 tot 1908-volksmoord en sê sy skaam haar vir die Duitse regering wat steeds weier om die volksmoord wat hy in Namibië gepleeg het, te erken.