Navo gaan Oekraïne meer ondersteun

Navo het presies vier weke ná die Russiese inval ingestem tot meer ondersteuning vir Oekraïne. Die sekretaris-generaal van dié militêre groep, Jens Stoltenberg, het vandag terugvoer gegee oor Navo se spitsberaad in Brussel, België. Hy beloof lidlande sal steeds, wat hy noem ongekende koste, vir Moskou oplê. Stoltenberg sê Navo het ooreengekom op vier nuwe gevegsgroepe gebaseer in Bulgarye, Hongarye, Roemenië en Slowakye. Hy gaan ook meer soldate, teen-tenkstelsels, vlootmagte en oorlogsvliegtuie na gebiede rondom Oekraïne stuur.