Rooies Mostert by Noordoewer-grenspos in hegtenis geneem

Die Namibiese polisiehoof luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het bevestig dat oudlanddros en voortvlugtige Walter Rooies Mostert by die Noordoewer-grenspos in hegtenis geneem is. Daar is 29 klagte teen Mostert aanhangig gemaak. Die staat beweer dat Mostert in 2012 ‘n Suid-Afrikaanse familie onwettige burgerskap laat bekom het deur vervalste dokumente in te dien en verder, dat hy in 2013, nog ‘n familie bedrieg het en meer as 340 000 Namibiese dollar uit hulle gemaak het. Mostert het op 5 November verlede jaar ontsnap uit aanhouding.