Rusland het ‘n lys van vyandige lande

Rusland se reaksie op die internasionale veroordeling van sy konflik met Oekraïne is die publikasie van ‘n lys van lande wat hom nie goedgesind is nie. Dit volg nadat ‘n aantal van die gelyste lande sanksies teen Rusland, Russiese sakebaronne en President Vladimir Putin ingestel het wat Rusland se ekonomie lamgelê het. Die lys sluit in, Australië, Bittanje, EU-lande, Ysland, Kanada, Liechtenstein, Monaco, Nieu-Seeland, Noorweë, Korea, San Marino, Singapoer, die VSA, Taiwan, Oekraïne, Montenegro, Switserland en Japan. Rusland het intussen aanvalle op Oekraïnse stede verskerp, en internasionale waarnemers beskuldig Russiese magte dat hulle burgerlikes teiken.