NATJOINTS loof patriotisme om verset-optrede te fnuik

Die Nasionale Gesamentlike Operasionale Intelligensie-struktuur in die buurland loof die optrede van alle wetstoepassingsbeamptes, gemeenskappe, plaaslike sakeondernemings, die vervoerbedryf en private sekerheid vir hulle samewerking en patriotisme om alle vorms van misdaad te voorkom en te bekamp. NATJOINTS het na die verskyning van onbevestigde plakkate wat oproepe doen vir landwye verset-optrede, stappe gedoen om te verseker daar is geen ontwrigting nie. ʼn Woordvoerder van die polisie, Athlenda Mathe, sê die struktuur gaan voort om multi-dissiplinêre ontplooiings en die uitvoering van operasionele planne te verseker.