Arbeidsministerie besoek volgende week Mariental en Keetmanshoop

Die Namibiese arbeidsministerie besoek streke landwyd en volgende week kom die Suide aan die beurt. Die ministerie sal Maandag en Dinsdag op Mariental besoek aflê en Woensdag en Donderdag kom Keetmanshoop aan die beurt. Werksoekers in die Hardap- en Karas-streke word aangemoedig om hul nodige dokumente saam te bring en op die geïntegreerde stelsel te registreer. Die ministerie sal tussen nege-uur die oggend en vier-uur die middag tydens die besoeke inligting verskaf oor al hul dienste soos onder meer arbeidsinspeksies en -dispute.