Nasionale Teater van Namibië stel aanlynpublikasie vir musikante bekend

Die Nasionale Teater van Namibia, NTN, het met trots hul nuwe aanlynpublikasie, “Music Business in Namibia Reader 2021” bekend gestel. Die is ‘n samestelling van 20 plaaslike musikante en kundiges se perspektiewe in die musiekbedryf. Hulle bied voorstelle aan hoe opkomende musikante die bedryf in die land volhoubaar kan maak. Desiree Mentor, woordvoerder van die NTN gee meer besonderhede in dié verband.

Mentor sê albei publikasies oor musikante en akteurs is vir 24 maande gratis aanlyn beskikbaar.