WWF en Afrika-unie-kommissie bied slypskool oor plastiekbesoeling aan

Die Afrika-unie-kommissie en die Wêreldwye Natuurfonds bied vandag en môre gesamentlik ‘n streeksbeleid-slypskool oor plastiekbesoedeling aan. ‘n Woordvoerder van die fonds, Andrea Weiss, sê daarmee begin samesprekings oor ‘n voorstel vir ‘n wetlik afdwingbare wêreldwye ooreenkoms oor plastiek. Sy noem die byeenkoms ‘n belangrike voorbereidende stap voor die Verenigde Nasies se vyfde Omgewingsvergadering in Februarie volgende jaar. Onlangse syfers toon die gebruik van plastiek in Afrika het die afgelope ses jaar met 150 persent toegeneem.