Namibiese toerismeminister teleurgestel oor reisverbod

Die Namibiese toerismeminister, Pohamba Shifeta het sy teleurstelling uitgespreek met die Verenigde Koninkryk wat ‘n reisverbod op Namibië en ander Suider-Afrikaanse lande geplaas het, asook verskeie Europese Unie-lidlande en die Verenigde Arabiese Emirate wat strenger Covid-beperkings en -maatreëls teen reisigers van Namibië ingestel het. Nrupesh Soni van die Namibia Travel and Tourism Forum sê aan Kosmos 94.1 Nuus die oorhaastige besluite van die lande het ‘n reuse-impak op die toerismesektor en ander sektore.