Miljoene gaan siek word weens klimaat: WEF

Die Wêreld Ekonomiese Forum se jongste verslag, Quantifying the Impact of Climate Change on Human Health, voorspel 14,5-miljoen mense sal teen 2050 weens klimaatverwante oorsake sterf. Die verslag voorspel ook dat 79-persent van die wêreld se toekomstige bevolking om dieselfde rede teen 2050 aan siektes sal ly. Ses klimaat-gedrewe kategorieë word uitgelig: oorstromings, droogtes, hittegolwe, tropiese storms, veldbrande en stygende seevlakke.