Napha skryf brief aan Duitse Groen Party oor jagskou

Die Groen Party in Duitsland wil die bemarking van bewaringsjag by die jaarlikse Jagd & Hund Jagskou in Dortmund opskort. Talle Namibiese jagoperateurs neem aan die gesogte jagskou in Duitsland deel. Die Namibiese Professionele Jagtersverening se president, Axel Cramer het in ‘n brief aan die Groen Party gereageer. Hy het aangevoer dat jagters uit die buiteland drie persent van alle toeriste in Namibië uitmaak en byna 20 persent van toerisme-inkomste inbring wat weer vir natuurbewaring aangewend word.