Uutoni sê regering kan nie alleen behuisingstekort takel

Die Namibiese minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, sê die hoë koste om grond te diens en die stadige implementering van die lewering van behuising, het veroorsaak dat die jaarlikse produksie van behuising slegs ‘n druppel in die emmer is. Hy het by ‘n slypskool oor die hersiening van die nasionale behuisingsbeleid en die ontwikkeling van die nasionale strategie vir informele nedersetting-opgradering in Windhoek gepraat. Uutoni sê die regering kan nie alleen die behuisingstekort in die land takel nie en moet hande vat met die privaat sektor en burgerlike samelewing.