Nanso hou môre mediakonferensie oor dringende kwessies

Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, gaan môreoggend om tien-uur ‘n mediakonferensie hou oor hul afgelope vergadering van die uitvoerende komitee. Veranderinge in die uitvoerende komitee, die stand van onderrig in basiese onderwys en die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente sal onder meer bespreek word. Ester Shakela, woordvoerder van Nanso, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dringende kwessies is tydens die vergadering bespreek.