Onnie van Zambezi is beste onderwyser in Afrika

Lionga Stanley Sischo, ‘n onderwyser van die Simaata Sekondêre Skool in die Zambezi-streek is as die Afrika-unie se beste onderwyser op die vasteland vir 2020 aangewys. Hy het daarmee 160 000 Namibiese dollar prysgeld gewen. Sischo het aan Namibiese media gesê hy het nie gewen omdat hy die beste is nie, maar omdat dit ‘n voorreg is.