LPM-lid sê Duitse politieke landskap gaan verander

‘n Jong parlementslid Utaara Mooti van die Landless Peoples’ Movement het vandag in die Nasionale Vergadering oor die volksmoordonderhandelinge gesê Duitse politieke en morele oortuigings kan baie maklik verander. Sy sê die AFD, die vierde grootste politieke party in Duitsland, is rassisties en as die politieke landskap verander, gaan die morele landskap verander. Mooti sê wetlike afdwinging is nodig om verpligtinge af te dwing.